Vroue leer van klere

Lede van die Secunda VLU-tak het op Donderdag, 7 April vergader en Joan Nel, ’n voorkomskonsultant, het vroue wenke oor hul klerekas gegee.

Sy het gesê as ’n mens ’n winter-, somer-, lente- of klere aantrek wat daarby pas.

Volgens Joan speel ’n mens se vel, asook die kleur van jou oë, ’n rol in watter seisoenmens jy is.

“Gebreide of gehekelde rokke is vanjaar hoogmode, asook denim,” het Joan gesê.

Sy het vroue ook gewys hoe om serpe op verskillende maniere te vou en hoe hulle steeds stylvol kan lyk in die winter.

Janete Bosman het vroue gewys hoe om ‘line dancing’ te doen.

Secunda VLU vergader weerop Donderdag, 5 Mei om 09:00 in Davieshof se saal.

Vir meer inligting, skakelErith Hall by 082 775 7065.



Leave a Reply